Op 10 Mei 2023 het SFP Wealth Vredendal-tak tydens ‘n spoggeleentheid by Die Keldery hul geëerde kliënte verras met uitmuntende gassprekers en ‘n heerlike middagete. Die sprekers het die plaaslike gemeenskap toegespreek oor die belangrikheid van spaar vir aftrede.
Die aanbiedinge was juis insiggewend gewees omdat elke spreker uit ‘n ander oogpunt hierdie onderwerp bespreek het met die heersende ekonomiese en politiese klimaat in Suid-Afrika as agtergrond.
Baie dankie aan elkeen wat die geleentheid bygewoon het.
Kontak gerus een van ons finansiële adviseurs vir ‘n gratis finansiële ontleding.



