MARLIZE ROUX CFP®
Mediese Fondse MMR Finansiële Dienste
Gesertifiseerde finansiële beplanner vir SFP Wealth
Marlize stig haar eie onafhanklike makelary in 1994 wat later gelisensieer word as ’n Finansiële Dienste Maatskappy en bekend staan as MMR Finansiële Dienste. In 2017 besluit sy om gedeeltelik by SFP Wealth aan te sluit met haar risiko-, beleggings- en korttermynversekering om sodoende beter bedingingsmag vir haar kliënte te bring. Die mediesefonds-afdeling bly egter voortbestaan onder MMR.
tel. (+27) 27 213 3043
marlize.roux@sfpwealth.co.za
IAN VICTOR
Ian Victor is gebore in Bloemfontein waarna sy gesin later Oos-Kaap toe verhuis en hy gematrikuleer het aan De Vos Malan Hoërskool in King Williams Town. Hy keer terug na Bloemfontein en verwerf sy BTec Bestuursgraad aan CUT Bloemfontein in 2006. Hierna beklee hy verskeie bestuurs- en opleidingsposte, veral in die gasvryheidsbedryf waar sy liefde vir dienslewering vasgelê word. In 2012 sluit hy aan by Liberty as Finansiële Adviseur en voltooi in 2015 sy Sertifikaat in Finansiële Beplanning deur Milpark Besigheidsskool. In 2016 sluit hy aan by die SFP Wealth Span in Durbanville. In Januarie 2022 verhuis Ian en sy gesin na Vredendal en raak hy deel van die SFP Wealth Span te MMR om saam met Marlize Roux die pad vorentoe aan te pak. Hy behou egter sy kantore te Durbanville, waar hy voortgaan met die bestuur van, veral, groot Pensioen Groepskemas. Ian is tans besig met sy Nagraadse studies om homself te kwalifiseer as Gesertifiseerde Finansiële Beplanner en sien uit na sy rol as Finansiële Beplanner in Vredendal.
tel. (+27) 27 213 3043
ian.victor@sfpwealth.co.za
IDA VAN ZYL
Ida begin haar werksloopbaan in die versekeringsbedryf in 1981 by Sanlam se hoofkantoor in Bellville. In 1986 verhuis sy na Vredenburg waar sy werksaam was by Metropolitan. In 1993 begin sy by Old Mutual werk en na 21 jaar diens sluit sy in 2015 aan by MMR Finansiële Dienste.
tel. (+27) 27 213 3043
ida.vanzyl@sfpwealth.co.za
DEON VISSER
Finansiële Bestuurder
Deon begin sy loopbaan in 2011 as klerk onderskeidelik by Maritz Rekenmeesters en Nel Rekenmeesters. In 2017 begin hy werk as finansiële bestuurder in die motorbedryf. In 2018 behaal hy sy BCompt graad in Finansiële Rekeningkunde deur Unisa. In November 2021 sluit hy as finansiële bestuurder aan by MMR en MPS.
tel. (+27) 27 213 3043
finansies@makelaars.co.za
Mediese afdeling
LAETITIA MARTINS
Geakkrediteerde mediesefonds-makelaar
Laetitia begin haar loopbaan in die versekeringbedryf by MMR in 1998. Sy verwerf haar nasionale sertifikaat in korttermynversekering in Mei 2000. In 2005 word sy hoof van die mediese afdeling en begin haar loopbaan as mediesefonds-raadgewer.
tel. (+27) 27 213 3043
medies1@makelaars.co.za
NADIA SMITH
Mediesefondse: Administrasie
Nadia matrikuleer in 2004 by Hoërskool Dirkie Uys, Moorreesburg. Sy studeer by Boland Kollege in die Paarl. (N6 Diploma as Persoonlike Assistent). Sy was die Handelsmerkbestuurder van Adidas by Tekkie Town se Hoofkantoor in George. Doen 5 jaar familiereg in die Paarl by Faure & Faure Prokureurs. Nadia sluit aan by MMR in Oktober 2020.
tel. (+27) 27 213 3043
nadia@makelaars.co.za
Petro Goosen
Petro Goosen is gebore in Port Nolloth. Sy voltooi haar skoolloopbaan in Springbok 1983. Sy trou in 1984 met Johan Goosen van Alexanderbaai. Petro is die trotse Ma van ‘n Seun, Lourens en tweeling dogters Linda en Lana. Sy begin haar loopbaan as tikster by Port Nolloth Munisipaliteit. Daarna werk sy as Admin & Finansiële Klerk by De Beers in die Personeel en Finansiële departemente. Petro sluit aan by MMR Finansiële Dienste as Mediese Klerk vanaf 2012 tot 2023. Sy neem ‘n kort blaaskansie van drie maande, waarna sy weer deel word van die Mediese Span by MMR.
tel. (+27) 27 213 3043
medies6@makelaars.co.za
LUCINDA PEDDY
Lucinda matrikuleer in 2007 aan Vredendal Senior Sekondêr. Sy verwerf in 2010 haar N4-N6 Sertifikaat as ‘n bestuursassistent. In 2012 verwerf sy haar sertifikaat in Besigheidsadministrasie: vlak 3. Sy was vir nege jaar werksaam by Midas Vredendal by ontvangs as die kassiere/admin klerk. In Januarie 2022 sluit sy as administratiewe klerk aan by MMR Medies.
tel. (+27) 27 213 3043
medies2@makelaars.co.za
WILMA CRAFFORD
Wilma begin in 1983 as Finansiële sekretaresse by Transnet in Johannesburg werk. Sy verhuis na 22
jaar in die Transvaal na die Wes-Kaap waar sy haar in Porterville vestig. Sy begin in 2008 as Praktyk
Administrateur by ‘n plaaslike dokter werk. Na 15 jaar diens verhuis sy na Vredendal en sluit in
Januarie 2023 aan by MMR se Mediese span.
tel. (+27) 27 213 3043
medies7@makelaars.co.za
MARINUS LOCHNER
Marinus is ‘n gebore Vredendaller. Hy was ’n leerder by Laerskool Vredendal en het sy hoërskoolloopbaan deur Impaq gedoen en in 2018 gematrikuleer. Gedurende 2019 het hy by Boston College te Paarl begin studeer en sy kwalifikasie as rekenaartegnikus behaal. In Januarie 2023 het hy as deel van die presidensiële program as admin assistent by LSV gewerk. Op 1 Desember 2023 het hy by MMR in die mediese afdeling, begin werk.
tel. (+27) 27 213 3043
medies4@makelaars.co.za
Lewensafdeling
MARLIZE ROUX CFP®
Mediese Fondse MMR Finansiële Dienste
Gesertifiseerde finansiële beplanner vir SFP Wealth
Marlize stig haar eie onafhanklike makelary in 1994 wat later gelisensieer word as ’n Finansiële Dienste Maatskappy en bekend staan as MMR Finansiële Dienste. In 2017 besluit sy om gedeeltelik by SFP Wealth aan te sluit met haar risiko-, beleggings- en korttermynversekering om sodoende beter bedingingsmag vir haar kliente te bring. Die mediesfonds-afdeling bly egter voortbestaan onder MMR.
tel. (+27) 27 213 3043
marlize.roux@sfpwealth.co.za
IAN VICTOR
Ian Victor is gebore in Bloemfontein waarna sy gesin later Oos-Kaap toe verhuis en hy gematrikuleer het aan De Vos Malan Hoërskool in King Williams Town. Hy keer terug na Bloemfontein en verwerf sy BTec Bestuursgraad aan CUT Bloemfontein in 2006. Hierna beklee hy verskeie bestuurs- en opleidingsposte, veral in die gasvryheidsbedryf waar sy liefde vir dienslewering vasgelê word. In 2012 sluit hy aan by Liberty as Finansiële Adviseur en voltooi in 2015 sy Sertifikaat in Finansiële Beplanning deur Milpark Besigheidsskool. In 2016 sluit hy aan by die SFP Wealth Span in Durbanville. In Januarie 2022 verhuis Ian en sy gesin na Vredendal en raak hy deel van die SFP Wealth Span te MMR om saam met Marlize Roux die pad vorentoe aan te pak. Hy behou egter sy kantore te Durbanville, waar hy voortgaan met die bestuur van, veral, groot Pensioen Groepskemas. Ian is tans besig met sy Nagraadse studies om homself te kwalifiseer as Gesertifiseerde Finansiële Beplanner en sien uit na sy rol as Finansiële Beplanner in Vredendal.
tel. (+27) 27 213 3043
ian.victor@sfpwealth.co.za
Joubert Roux
Joubert het in 2008 gematrikuleer aan die Vredendal Hoërskool waarna hy Megatroniese Ingenieurswese by CPUT in Bellville gaan studeer. In 2012 verwerf hy sy Nationale Diploma en begin dadelik te werk by British American Tobacco (BAT) se R&D Departement in die Paarl. Daar het hy die geleentheid gekry om met mense van reg oor die wêreld te werk en gou geleer dat mense verskillende idees het van hoe om ‘n probleem op te los. Hy voltooi sy kontrak by BAT in 2014 en begin studeer by Stellenbosch Universiteit waar hy in 2018 ‘n Bcom graad verwerf. Na sy studies deel Joubert sy tyd tussen die Landbou Bedryf en die Groot-/Kleinhandel Bedryf tot hy in 2024 aansluit by SFP Wealth/MMR Finansiële Dienste in Vredendal as ‘n Finansiële Beplanner en Korttermyn Makelaar. Joubert het groot geword in ‘n huis met ‘n Finansiële Beplanner, sy moeder Marlize Roux, waar hy al van ‘n jong ouderdom geleer is hoe om mense te help met die bou van hulle toekoms en hy sien uit om sy kennis in werking te stel.
tel. (+27) 27 213 3043
joubert.roux@sfpwealth.co.za
GIDEON ROUX
Gideon is sedert 1996 ‘n inwoner van Vredendal. Hy matrikuleer in 2005 aan HTS Drostdy, Worcester en begin werk in 2006 as ‘n optiese tegnikus en dispenser vir oogkundiges. Hy studeer verder in hierdie veld en in 2013 vewerf hy sy Nasionale Diploma, en registreer daarna as ‘n gesondheidspraktiseerder. In 2015 begin Gideon as ‘n Makelaars-assistent by ABSA, Vredendal om sodoende ‘n uittredende makelaar se boek oor te neem. Hy betree egter die versekeringsbedryf as makelaar in 2016 en in 2019 sluit hy in hierdie hoedanigheid aan by PSG. In November 2022 besluit Gideon om meer diensbaar te wees aan sy kliënte en sluit hy by MMR aan as Finansiële Beplanner vir SFP Wealth.
tel. (+27) 82 388 9863
gideon.roux@sfpwealth.co.za
Gail Haasbroek
Sy begin haar loopbaan as klerk by die Meester van die Hooggeregshof in Kaapstad. In 1980 begin sy by die Permanente Bouvereniging werk. In 1987 het sy na Vredendal verhuis waar sy in die kleinhandel bedryf gewerk het tot sy in Mei 2011 by MMR aangesluit het.
tel. (+27) 27 213 3043
gail.haasbroek@sfpwealth.co.za
Landi Botha
Landi is gebore in Tzaneen. Sy het skool gegaan en gematrikuleer in die Strand te Hoërskool Strand in 2010. Sy is getroud en het n pragtige dogtertjie. Landi het n groot passie vir mense en glo sy gaan haar passie in die versekeringsbedryf kan uitleef. Sy het ondervinding in korttermyn en lewensversekering. Landi het aangesluit by die MMR span as assistent vir Marlize Roux.
tel. (+27) 27 213 3043
admin@sfpwealth.co.za
DENET COETZEE
Denet matrikuleer in 2012 aan Hoërskool Swartland in Malmesbury. Sy begin haar loopbaan in 2015 by Raiel Malmesbury as finansiële klerk. Sy verhuis in 2018 na Vredendal en begin as adviseur by Old Mutual. In 2020 sluit sy aan by Advance Financial Planning in Vredendal en werk as makelaars-assistent in die lewens-, mediese- en korttermyn afdelings. In 2021 skuif sy na Old Mutual en werk as persoonlike assistent vir die finansiële beplanners. In Maart 2022 sluit sy aan as administratiewe klerk by MMR Medies en makelaars-assistent vir Ian Victor by SFP Wealth.
tel. (+27) 27 213 3043
ian.admin@sfpwealth.co.za
Martie Aggenbag
Martie Aggenbag is ‘n gebore Vredendaller. Sy matrikuleer in 1997 aan Vredendal Hoërskool en begin haar loopbaan by Edcon (Edgars & Jet) 1997. Martie het die versekeringsbedryf in 2016 betree. Sy sluit haar in 2021 aan by SFP Wealth as Makelaars-Assistent vir Johan Du Plessis.
tel. (+27) 27 213 3043
martie.aggenbag@sfpwealth.co.za
Korttermyn afdeling
Wena du Plessis
Wena het na +- 15 jaar se ondervinding as bemarker by Metropolitan Groepskemas in 2002 aangesluit by Marlize Roux se span as onafhanklike makelaar. Sy spesialiseer in Korttermynversekering en is ten volle geakkrediteerd vir Persoonlike, Kommersiële en Agri Korttermynversekering. Geen kliënt is te klein of te groot nie en jy kan verseker wees van haar hoofdoel: persoonlike diens!!
tel. (+27) 27 213 3043
wena.duplessis@sfpwealth.co.za
Joubert Roux
Joubert het in 2008 gematrikuleer aan die Vredendal Hoërskool waarna hy Megatroniese Ingenieurswese by CPUT in Bellville gaan studeer. In 2012 verwerf hy sy Nationale Diploma en begin dadelik te werk by British American Tobacco (BAT) se R&D Departement in die Paarl. Daar het hy die geleentheid gekry om met mense van reg oor die wêreld te werk en gou geleer dat mense verskillende idees het van hoe om ‘n probleem op te los. Hy voltooi sy kontrak by BAT in 2014 en begin studeer by Stellenbosch Universiteit waar hy in 2018 ‘n Bcom graad verwerf. Na sy studies deel Joubert sy tyd tussen die Landbou Bedryf en die Groot-/Kleinhandel Bedryf tot hy in 2024 aansluit by SFP Wealth/MMR Finansiële Dienste in Vredendal as ‘n Finansiële Beplanner en Korttermyn Makelaar. Joubert het groot geword in ‘n huis met ‘n Finansiële Beplanner, sy moeder Marlize Roux, waar hy al van ‘n jong ouderdom geleer is hoe om mense te help met die bou van hulle toekoms en hy sien uit om sy kennis in werking te stel.
tel. (+27) 27 213 3043
joubert.roux@sfpwealth.co.za
Diasha van Reenen
Diasha het in 2015 ‘n leerlingskap in korttermyn versekering gedoen. Gedurende 2016 begin sy haar versekeringsloopbaan by Sansure makelaars in Bellville as invoere klerk. Op 6 Maart 2017 sluit sy haar aan by die SFP Wealth Span as assistent en onderskrywersklerk vir Wena Du Plessis.
tel. (+27) 27 213 3043
diasha.vanreenen@sfpwealth.co.za
Brenda Roux
Brenda werk van 1996 tot 2003 by Edcon (Jet en Edgars). Sy sluit op 26 Maart 2010 by Elzette Roux (Absa-raadgewer) aan as makelaars-assistent en onderskrywersklerk. Op 1 Junie 2018 begin sy werk by SFP Wealth – as assistent en onderskrywersklerk vir Marlize Roux.
tel. (+27) 27 213 3043
brenda.roux@sfpwealth.co.za
Anne-Marie Boshoff
Anne-Marie begin haar werksloopbaan by Rapport in Kaapstad as vryskut joernalis.
In 1980 verhuis sy na Breyten, waar sy vir 21 jaar vir Autonet (Padvervoer) gewerk het as Finansiële- Personeelbestuurder.
Daarna aangesluit by Ghekko (Personeelplasing vir Retail) in Gauteng as Finansiële- Personeelbestuurder, was 11 jaar deel van die span.
Sy verhuis na Secunda waar sy vir 6 jaar gewerk het by IC Health (Medies) ook as Finansiële- Personeelbestuurder.
Anne-Marie verhuis na Vredendal in 2018 waar sy werksaam was as Bestuurder by Checkin vir 3 jaar, en 2 jaar by Go Hyper.
Op 2 Februarie 2024 het Anne-Marie by MMR Finansiële Dienste aangesluit as Korttermyn-assistent.
tel. (+27) 27 213 3043
eise@sfpwealth.co.za
Janine Dirks
Janine begin haar loopbaan in 2008 in die Finansiele sektor waar sy kennis en ondervinding opgedoen het binne die Bankwese. Sy verwerf haar NQF4 en NQF5 in Bankwese deur Chartall Business College, asook haar RE5 Fais deur Moonstone School of Business.
In Januarie 2025 sluit sy aan by die Korttermyn afdeling as Makelaars Assistent.
tel. (+27) 27 213 3043
janine.dirks@sfpwealth.co.za
Loelita Vercuil
Loelita matrikuleer in 2022 aan Hoërskool Vredendal. In 2023 begin sy haar studies aanlyn by STADIO Higher Education, waar sy tans besig is om haar derde jaar in BCom Risk Management (NQF-vlak 7) te voltooi.
Tydens haar studies het sy by die nasorgsentrum van Laerskool Vredendal gewerk, waar sy waardevolle ondervinding in toesig, organisasie en interpersoonlike hantering opgedoen het.
In Julie 2025 doen sy skaduwerk by MMR onder leiding van Joubert Roux, waar sy verdere blootstelling aan die praktyk verkry. In November 2025 sluit sy amptelik aan by MMR se Korttermyn-afdeling.
tel. (+27) 27 213 3043
loelita.vercuil@sfpwealth.co.za
Ontvangs/ Verbandlenings
Christine van Zyl
Christine matriekuleer in 1991 aan Hoërskool Vanrhynsdorp.
In 2009 verhuis sy na Vredendal waar sy by verskeie besighede werksaam was.
Sy sluit by die MMR span aan op 01 April 2024.
tel. (+27) 27 213 3043
ontvangs@makelaars.co.za
dienspersoneel
ZELDA KOKISI
Aanstellingsdatum:
Oktober 2022
tel. (+27) 27 213 3043
Jason van Reenen
Aanstellingsdatum:
Februarie 2025
tel. (+27) 27 213 3043
Anita Cloete
Aanstellingsdatum:
September 2025




























