Gesondheidsorg-administrasie
MMR bied unieke administrasiediensfooie vir ons mediesefonds en gapingsdekking-kliënte. Hierdie dienste sluit in:
- Indien van rekeninge by u mediesefonds en/of gapingsdekkings
- Navrae en registrasie van u kroniese medikasies en voordele
- Magtigings vir hospitalisasie en/of prosedures
- Debietorder-navrae
- Opsieveranderinge en vergelykings
- Byvoeg/afhaal van afhanklikes
- Enige ander algemene fondsnavrae
Hierdie dienste is ontwerp met u gerief in gedagte en om u tyd en moeite te bespaar.
Ons bied pakkette om individuele behoeftes te pas. Klik hier om ‘n volledige uiteensetting van die pakkette te sien.
Ons administrasiespan staan slaggereed om u by te staan met u unieke administrasiebehoeftes.




