Gapingsdekking en Mediese Versekering
Gapingsdekking bied bykomende dekking buiten mediesefonds-voordele vir in-hospitaal prosedures en dienste.
Byvoorbeeld:
Persoon X was in ‘n ongeluk en is gehospitaliseer. Sy huidige mediese fonds betaal 100% van die fondstarief. Die hospitaal vra egter 300% van die spesifieke fonds se tarief. Hier sal die gapingsdekking intree en die kortval (onderhewig aan die verskaffer en opsie) betaal.
Van die gapingsdekking-verskaffers betaal ook ‘n enkelbedrag-voordeel uit by die eerste diagnose van gelysde toestande, en bied ook bykomende voordele.
Ons makelaars kan u bystaan om die beste verskaffer en opsie vir u unieke behoeftes te kies wat u mediesefonds-dekking die beste kan komplementeer.
MMR is geakkrediteer om die volgende gapingsdekking-verskaffers te bemark – klik op die logo om die nuutste voordele op die onderskeie fondse se webtuiste oop te maak.













