Mediese afdeling van MMR raadpleeg werkers oor navrae
Mediese fondse en al die komplekse vrae wat daarmee saamgaan kan vir enige persoon ’n duister taak wees, maar MMR kan lig maak van enige onsekerheid daaroor. MMR Finansiële Dienste se mediese afdeling het met die jaarlikse Mediese Fonds Opedag op 8 Oktober, Matzikama Munisipaliteit werknemers ingelig oor mediese fondse en wat hulle te doen staan met verskeie opsies wat aan hulle gebied kan word.
Daar was ook ’n R1000-kontantprys op die spel in ’n afwagtende trekking. Niklaas Prins was die gelukkige wenner van die prys. MMR toon hul waardering aan al hul getroue kliënte.



